Welkom
MARTIE DU PLESSIS HOëRSKOOL 1958 – 2009

Dit was so ‘n ongelooflike voorreg om die hoof van hierdie besondere skool te wees sedert 1996. Oor ‘n tydperk van 50 jaar was so baie toegewyde en entoesiastiese mense betrokke by die skool en het hulle so ‘n sterk visie vir die skool gehad, dat ons nou beskou kan word as een van die rigtinggewende skole in spesiale onderwys.

Martie du Plessis is ‘n dinamiese, altyd ontwikkelende fasiliteit vir ‘n groep leerders met spesiale onderwysbehoeftes van graad R tot graad 12. Die skool beskik oor empatiese, toegewyde personeel wat ‘n omgewing van geborgenheid skep waarbinne die kind kan ontwikkel. Martie du Plessis is ‘n skool met Christelike beginsels wat aan die kind ‘n rykdom van geleenthede beskikbaar stel.

Martie du Plessis volg dieselfde kurriukulum as die hoofstroom en in die Nasionale Senior Sertifikaat eksamens behaal ons leerders baie goeie sukses. Oor die jare het tersiêre instellings baie meer toeganklik geword vir leerders met gestremdhede en tans is daar ‘n paar van ons oudleerders besig met tersiêre studies.

Die skool bied ‘n wye verskeidenheid sport en kulturele aktiwiteite aan aangesien ons glo in die holistiese ontwikkeling van ‘n kind. Die skool het dan ook verskeie wêreldklas atlete opgelewer.

Die toewyding en energie van die personeel is prysenswaardig en dit reflekteer duidelik in die suksesse wat die skool behaal, nie net op sport of akademiesegebied nie maar ook in die suksesverhale van ons leerders as volwaardige landsburgers.





Nuusflits
HAVE A GREAT DAY !!!

Weeklikse Kalender
DatumDagAktiwiteit
23-05-2012WoensdagWedstryd by Hertzogville teen Saamwerk.

Nuusbrief
Lees die Nuusbrief